Messias (G.F. Handel)

Messias
Titelbladsy van Handel se manuskrip

Messias (HWV 56)[2] is 'n Engelstalige oratorium wat in 1741 deur George Frideric Handel gekomponeer is. Die teks is saamgestel uit die King James Bybel en die Coverdale Psalter,[3]deur Charles Jennens. Dit is die eerste keer in Dublin op 13 April 1742 opgevoer en het sy Londense première byna 'n jaar later ontvang. Na 'n aanvanklik beskeie openbare ontvangs het die oratorium gewild geword en uiteindelik een van die bekendste en mees opgevoerde koorwerke in Westerse musiek geword.

Handel het Messias getoonset vir beskeie vokale en instrumentale kragte, met opsionele toonsettings vir baie van die individuele nommers. Ná sy dood is die werk aangepas vir uitvoering op ’n veel groter skaal en met reuseorkeste en -kore. Ander pogings om dit te moderniseer het behels dat die orkestrasie daarvan hersien en vergroot is, soos Mozart se verwerking daarvan. In die laat 20ste en vroeë 21ste eeue het dit egter wenslik geword om die werk weer volgens Händel se oorspronklike bedoelings uit te voer, hoewel "groot" Messias-produksies steeds uitgevoer word. ’n Byna volledige weergawe is in 1928 op 'n 78 rpm-grammofoonplaat uitgereik; sedertdien is die werk baie keer opgeneem.

Die oermanuskrip van die oratorium word in die British Library bewaar.

  1. Myers, Paul (Transcription of broadcast) (Desember 1999). "Handel's Messiah". Minnesota Public Radio. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 September 2011. Besoek op 20 Julie 2011.
  2. Since its earliest performances, the work has often been referred to, incorrectly, as "The Messiah". The article is absent from the proper title.[1]
  3. Coverdale's version of the Psalms was the one included with the Book of Common Prayer.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search